Ontdek die mees Intieme Feite, Fabels en Vreugde van Vrouwees

Hierdie klein wonderwerk – die vagina, is heeltemal te lank in geheimhouding gehul en skromelik verwaarloos. Nie meer nie! Die Koekieboek is ’n kunstig saamgestelde gebruikershandleiding wat hierdie taboe uit die weg wil ruim en vroulike selfbemagtiging bevorder.

Die boek, met meeras 100 smaakvolle kleurfoto’s en illustrasies, bied ’n verfrissende perspektief op dié verborge skat. Ontdek fassinerende feite, geniet seldsame en interessante historiese brokkies soos die bisarre geskiedenis van voorbehoeding, eksperimenteer met boskasie-dekorasie, leer meer oor dogtertjies se dingetjies, puberteit, die maagdevlies en die G-kol en kry die jongste wenke oor intieme gesondheid en sorg. Die Koekieboek is informatief, lighartig en op die vrou af. Dit is gebaseer op goed nagevorsde mediese inligting en dus iets wat vroue met hul dogters, kleindogters en geliefdes kan deel. Gebruik dit as jou intieme gids en metgesel op die lewensreis – vanaf kindsbeen tot en met die menopouse, en daarna …

Deel 1: Ontdek die Feestelike Voue

  • Wat Noem Ons die Gleufie
  • Die Naakte Waarheid
  • Die Vroulike Snu(i)f
  • Paradoks – Heuningpot of Hindernis?

Deel 2: Koekiekundigheid: Intieme Tydkring

  • Dogtertjies se Dingetjies
  • Die Vroeë Tienerjare
  • Maagdelike Reinheid
  • Seksuele Gemeenskap
  • Swangerskap en Geboorte
  • Die Oorgangsjare

Deel 3: Koekie-Coiffure: Boskasiedekorasie

  • Tatoeëring en Liggaamsdeurprieming
  • Kleur, Kap en Kartel
  • Haarsorg Sonder Sorge

Deel 4: Koekemakranka: Mediese Afdeling

  • Die Histeriese Vrou
  • Vaginale Infeksies
  • Seksueel-Oordraagbare Siektes

Deel 5: Kulturele Norme en Waardes

  • Koekies wat Byt
  • Hoe Meer Mense, Hoe Meer Dinge
  • Genitale Skending
  • Verering en Verheerliking van die Vulva
  • Leer Ken en Koester

LOF VIR DIE KOEKIEBOEK

Patricia McNaught Davis, Radio Helderberg

Visueel ’n pragtige boek, geskryf met warmte en spitsvondigheid, insiggewend en positief. Noodsaaklike leesstof vir elkeen wat een van hierdie baie spesiale kleinode besit!

Embeth Davidts, aktrise, LA, Verenigde State van Amerika

Wat ’n verfrissende en openhartige kyk op iets waarvan ons almal meer wil weet en wat ons meer wil bespreek, maar dikwels nie doen nie! Maritza het dit reggekry om tegelykertyd in te lig, ’n mens te laat lag en verwonderd te laat, en dit is alles gedoen met soveel...

Odyssey-tydskrif

Dit is ’n klein, pragtig-geïllustreerde boekie wat beslis ’n lekker skop het. Wanneer dit kom by die gesondheid en begrip van ’n mens se ‘private dele’ moet ’n mens eenvoudig ’n ding by sy naam noem – en hierdie boek doen juis dit.

Oliver Roberts, Sunday Times

Gee erkenning aan die belangrikheid en onpeilbaarheid van die vagina … filosofies en humoristies … ’n gewigtige boek wat op bewonderenswaardige wyse poog om die geskiedenis, impak en skoonheid van die vagina te ontrafel.

Vivien Horler, Cape Argus

Inspirerend, kreatief geïllustreer … verruklik … behoort aan alle tienerdogters gegee te word.

Lesley Byram, Cape Times

Vanaf die kulturele betekenis van maagdelikheid tot ‘hoe die koekie verkrummel’ soos ons ouer word, en hoe en hoekom mense hul ‘lieflike vroulike dele’ versorg en verfraai – hierdie boekie sal jou touwys maak oor alle vaginale aangeleenthede.