Om DIE KOEKIEBOEK te lees is vir my die verpersoonliking van seksualiteit – ’n ondervinding waarin daar gelyktydig op ’n mens se sintuie aanslag gemaak word en laat met ’n gevoel van lewend-wees, vrou, wild en wonderlik. Soos seksualiteit het Maritza se boek vele lae, en elke bladsy bied ’n verrassing. Hierdie outeur het haar onderwerp goed nagevors – gemengde media van strookprente tot poësie en verruklike illustrasies om die leser deurentyd wakker, ingelig en geïnteresseerd te hou. ’n Pragtige bydrae tot vroue en hul seksualiteit.