Wat ’n verfrissende en openhartige kyk op iets waarvan ons almal meer wil weet en wat ons meer wil bespreek, maar dikwels nie doen nie! Maritza het dit reggekry om tegelykertyd in te lig, ’n mens te laat lag en verwonderd te laat, en dit is alles gedoen met soveel humor, passie en liefde vir haar onderwerp. Dit is ’n moet-lees vir al die vroue daar buite en vir enige man wat van vrouens hou en meer wil weet!